top of page

Kontak

Hennie van Vreden 

WERELDVISIE: KO-ORDINEERDER

deur Global Challenge Expeditions

 

Sel: 073-494-0362

e-pos: jak127@telkomsa.net

  • Wix Facebook page
  • web.png

Wêreldvisie

 

2015 Wêreldsendinge

 

  • Three Nations (Zimbabwe, Zambia, Botswana) - Junie

  • Rusland: 1 - 24 Junie 2015

  • Malawi: 26 Junie to 17 Julie 2015

  • Japan 15 - 31 Augustus 2015

  • Indië: 1 - 6 Desember 2015

 

Motivering

 

Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.” (‭HANDELINGE‬ ‭1‬:‭8‬ NLV)

 

Ons glo dat God begaan is oor mense wat Hom nog nie ken nie, en daarom is ons ook oor hulle begaan. Luk. 5:30-32; Luk.15; Matt.18:14; II Pet.3:9.

 

Hierdie bediening gaan gepaard met 'n gedeelte van die venootskapsverbond: Ek sal DIENSBAAR wees: deur die ontdekking en ontwikkeling van my gawes en talente deur toe te laat dat ek toegerus word deur die openbaring van ‘n dienskneg hart en gesindheid. I Pet. 4:10; Efes.4:11 – 12; Fil. 2:3 – 4&7.

 

Ons verhouding met Global Challenge Expeditions stel ons in staat om toegang te hê tot meer as 12 uitreike per jaar waarby ons gemeentelede betrokke kan wees.

 

Ondersteun Sendelinge

Deur gebed of  finansies:

 

  • Wiam Botma het sy "gap" jaar na matriek aan die Here toegewy. Hy sal gedurende 2015 betrokke wees met die YWAM groep in Frankryk. Sien meer op Facebook.

 

  • Jesse Visser het sy "gap" jaar na matriek aan die Here toegewy. Hy sal gedurende 2015 op die Global Challenge Expeditions se Work Your Way ekspedisies na verskillende lande in die wêreld gaan. Sien meer op Jesse se webtuiste  / Facebook of die GCEX webtuiste.

 

  • Anna-Marie Franken -Direkteur van Global Challenge Expeditions. Daar is heelwat mense wat ook by AGS betrokke is wat deel van hierdie groep is, o.a. Corneli de Wet, Paul du Plessis en Francois Labuschagne.

     

  • Hendrik Visser van Jeffreysbaai - Joykids International  -

    • Tsitsikamma Plaaswerkers

    • Kwanomzamo Xhosa Woongebied 

    • Kleurling Gebiede in Humansdorp

 

 

  • Wim du Plessis en sy familie wat sendingwerk doen in België.

 

 

 

  • Wilbur Wright wat kampe hou in Jeffreysbaai saam met die Verenigende Christen  Studente Vereniging.

 

 

Een van ons groot fokuslande is Zanzibar waar ons gemeente ‘n bybelskool gestig het, endie plaaslike kerkleiers oplei. Ons doen ook twee uitreike per jaar na Zanzibar wat spesifiekgemik is om gemeentelede bloot te stel aan die Moslem wêreld, en om hulle die geleentheidte gee om die koninkryk te bou buite die grense van ons eie land.

 

Raak Betrokke

* Deur eenmalig of maandeliks ons te ondersteun met u geloofsoffer.
* Deur te bid vir ons sendelinge in die veld.
* Deur self op een van ons uitreike te gaan en die koninkryk te help bou. Kontak Hennie van Vreden.

Fotos van onlangse sendings

bottom of page