Deo Doxa
- God se Heerlikheid
Dolly Vardenstr 4, Jeffreysbaai, Suid-Afrika
Posbus 1167, Jeffreysbaai, 6330, Suid-Afrika
Tel:+27(0)42 293 2832 | Faks:+27(0)42 293 2902
E-pos: deodoxa@inetcom.co.za
KANTOORURE: Ma-Vr: 08:00-14:30 (ontvangs)
KIDS Kinderbediening
KIDS word aangebied gedurende die skooltermyne en is gesluit gedurende skoolvakansies.
Registreer u kind vir die jaarkurrikulum en laat u kind Sondaeoggende registreer by die jeugsaal se ingangsportaal.
Wie is ons?
KIDS is ons kinderbediening vir kinders tussen die ouderdom van 4 en 13 wat bymekaar kom tydens die feesdiens om 8:30. Alle kinders is welkom!
Ons Visie
Om vir kinders ‘n voorbeeld te wees in liefde, woord en daad sodat hulle die geleentheid kan hê om God te ontdek, ‘n verhouding met Hom te hê en ‘n ligdraer vir ander te wees.
Wat doen ons by KIDS?
By KIDS word kinders op hulle vlak bedien. Dis vir ons belangrik om kinders van ‘n jong ouderdom af te bereik en vir hulle te help om ‘n liefde vir God te kweek. Ons gebruik verskillende maniere om die kinderkerk vir die kinders opwindend en pret te maak.
Lof en Aanbidding
Dis energiek, ‘n goeie "workout", en baie pret maar tog geesvervuld. Ons leer die kinders van jongs af om God met alles in hulle te loof en prys en dat mens dit selfs kan geniet terwyl jy dit doen.
Die Bybel
Dis ons vertrekpunt op alles en die kinders kry die geleentheid om Bybelse waarhede te leer wat hulle in hulle lewe kan toepas. Ons leer ook vir hulle verse uit die Bybel uit wat deel word van hulle fondasie.
Alles word op kreatiewe en deelnemende maniere aan die kinders geleer. Deur poppekas of narre wat kom kuier of die storie uit te beeld met die kinders as akteurs.
Dissipelskap
Elke kind is vir ons belangrik en word ook so behandel. Daar is vrywilligers wat by elke graad ‘n pad saam met die kinders stap. Hulle kry geleentheid om in die kinders se lewens in te bou en vir hulle Jesus se liefde te wys.
Die waarheid word vir hulle geillustreer deur die vrywilligers se lewens en begelei hulle die kinders op ‘n pad van ontdekking om by God uit te kom en Sy kind te word.
Uitreike
Dis vir ons baie belangrik om nie net God se liefde en die waarheid vir onsself te hou nie, maar ook om dit met ander te kan deel. Daarom hou ons gereelde uitreike met die kinders, waar hulle uitgedaag word om hulle geloof UIT TE LEEF!
Dis altyd ‘n hoogte-punt in elke kwartaal en kom daar soveel getuienisse terug van hoe mense daar buite en veral ook die kinders se lewens verander word deur sulke gebeurtenisse. Die kinders word geleer om dit uit te deel wat hulle ontvang. Selfs al is dit net ‘n drukkie