![](https://static.wixstatic.com/media/fd4db9_8b29d8d2ae914a49aa25912c1b48cc3a.jpg/v1/fill/w_950,h_632,al_c,q_85,enc_avif,quality_auto/fd4db9_8b29d8d2ae914a49aa25912c1b48cc3a.jpg)
Deo Doxa
- God se Heerlikheid
![](https://static.wixstatic.com/media/fd4db9_0ecd151843aa45199284c3a7f07637e0.jpg/v1/fill/w_339,h_123,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/fd4db9_0ecd151843aa45199284c3a7f07637e0.jpg)
Dolly Vardenstr 4, Jeffreysbaai, Suid-Afrika
Posbus 1167, Jeffreysbaai, 6330, Suid-Afrika
Tel:+27(0)42 293 2832 | Faks:+27(0)42 293 2902
E-pos: deodoxa@inetcom.co.za
KANTOORURE: Ma-Vr: 08:00-14:30 (ontvangs)
![](https://static.wixstatic.com/media/4ea14fbac21517069ff7ca256ca95346.jpg/v1/fill/w_553,h_258,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/4ea14fbac21517069ff7ca256ca95346.jpg)
![](https://static.wixstatic.com/media/9b6bae15ff824d389e6f296e7e307e8a.jpeg/v1/fill/w_553,h_416,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/9b6bae15ff824d389e6f296e7e307e8a.jpeg)
1 John 1:3, "What we have seen and [ourselves] heard, we are also telling you, so that you too may realize and enjoy fellowship as partners and partakers with us. And [this] fellowship that we have [which is a distinguishing mark of Christians] is with the Father and with His Son Jesus Christ (the Messiah)." [AMP]
Nuwe Vennote
As u belangstel om meer intiem in te skakel by AGS Deo Doxa, verwelkom ons u hartlik om ons vennote en leierskap te ontmoet.
Registreer
Om by hierdie ontmoeting te registreer, download die vennote aansoekvorm of skakel gerus 042-293-2832 of e-pos kerkkantoor gedurende weeksdae tussen 08:00- 13:00 om die opgedateerde inligting te ontvang.
Die ontmoetingsgeleentheid is 'n informele tyd saam met ander vennote, asook leierskap. Daar sal ook verversings verskaf word.
Ontmoeting en Inligtingsaand
Ons onmoetingsgeleentheid vind plaas by die kerk op 'n vooropgestelde kalenderdatum en val gewoonlik op 'n Maandagaand om 18h30 (sien advertensie vir volgende datum).
Daarna, sal die algehele inligting en gemeentevisie aan u voorgelê word deur leierskap en enige vrae daaroor sal behartig word.
Dissipelskap Kursus
Hierna, gee ons u 'n geleentheid om 'n besluit te maak om by ons in te skakel, waarna ons u sal inlig oor datums vir die drie opvolgende dissipelskap sessies op Maandaeaande om 18h30.
Gemeentevoorstelling
Wanneer die drie Dissipelskapsessies voltooi is, sal u 'n breër insig hê oor die gemeente. U kan dan besluit of u by die gemeente as vennoot wil inskakel.
'n Gemeentevoorstellingsdatum sal aan u verskaf word waar u en u gesin voorgestel word op 'n Sondagsfeesdiens. Dit is gewoonlik 'n informele, hartlike en feestlike geleentheid.
Word Deel
Na u gemeentevoorstelling, het u geleentheid om op verkillende maniere betrokke te raak. Click op die volgende lyste wat u meer inligting sal gee:
- Kleingroepies - word weekliks geestelik versorg deur meer intieme verhoudinge met ander vennote.
- Bedieninge - word betrokke om u gawes en roeping uit te leef of om bediening en restourasie te ontvang
- Sondae Feesdienste - sien die kalender en preeknotas
- Opleiding - sien verskillende programme wat ons deur die jaar aanbied