Deo Doxa
- God se Heerlikheid
Dolly Vardenstr 4, Jeffreysbaai, Suid-Afrika
Posbus 1167, Jeffreysbaai, 6330, Suid-Afrika
Tel:+27(0)42 293 2832 | Faks:+27(0)42 293 2902
E-pos: deodoxa@inetcom.co.za
KANTOORURE: Ma-Vr: 08:00-14:30 (ontvangs)
Geskiedenis
Ons gemeente het in 1978 begin in Humansdorp. Die drie gesinne betrokke was Roux, Swanepoel en Marais.
Under the leadership of Past Scott the congregation moved to Jeffreys Bay in 1989 and steadily grew in numbers.
2014 - more than 500 members are worshipping with us to glorify our amazing God!
Pastore Hier Bedien
01/01/1979 - 30/04/1980 Past Andre Dippenaar
01/05/1980 - 30/04/1983 Past Hennie Beukes
01/05/1983 - 31/08/1991 Past James Scott
01/09/1991 - 31/12/2000 Past Nico Nell
01/04/1996 - 31/10/1999 Past Gerhard Kriek
01/07/2000 - 30/06/2003 Past Danny Boyens
01/06/2007 - 30/06/2010 Past Lourens Du Plessis
2001-2014 Past Freddie Steenkamp
Die Stigting van die AGS in SA
Deo Doxa (God se Heerlikheid) is deel van die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika en is gestig in 1908 deur Dr John G Lake (foto).
Met meer as 1.2 miljoen lede, is die AGS kerk die grootste Pinkster kerk in Suid-Afrika met 1800 gemeentes.
Deo Doxa (God's Glory) part of the Apostolic Faith Mission of SA which was planted in 1908 by Dr John G Lake.
With more than 1.2 million members, The AFM church is the largest Pentecostal church in South Africa.
Dr Isak Schalk Van Der Merwe Burger
President AGS
Isak Burger is een van die langsdienende kerkleiers in die land. Hy is in April 1988 verkies as president van die AGS. Hy is sedertdien telkens weer herkies - ook met die kerk se eenwording in 1996. Hy is gebore op 10 Mei 1951 in Kaapstad, het grootgeword in Pretoria en sy teologiese studies asook doktorsgraad voltooi aan dieTeologiese fakulteit van die NG kerk aan die Universiteit van Pretoria. Hy bedien twee gemeentes vanaf 1974 voordat hy in 1982 as registrateur en dosent van die AGS Teologiese Kollege aangestel word. Isak Burger het veral bekend geword as prediker en later ook as skrywer. Hy tree by verskillende tussenkerklike byeenkomste, nasionale en internasionale konferensies op.
Hy is skrywer en medeskrywer van 'n hele aantal boeke en talle artikels in verskillende tydskrifte. Hy is een van die stigterslede van Christelike Televisie in Suid-Afrika en het gereeld oor televisie opgetree. Ook oor die radio en veral Radio Kansel word sy stem weekliks gehoor. Hy dien reeds vir baie jare as direkteur van Radio Kansel asook van CNW. Hy was lid van die gasheer-komitee van Rustenburg 1 en mede-voorsitter van Rustenburg 2. Hy was lid van die reëlingskomitee asook spreker van SACLA 2. Isak dien reeds vir jare op die "Fellowship Committee" van die internasionale Pinkstergemeenskap en is in 2004 ook verkies tot die Uitvoerende Komitee van hierdie liggaam.
In 2010 word hy verkies as onder-voorsitter van hierdie forum. Isak plaas 'n hoë premie op 'n gesonde en fikse liggaam en besoek die gimnasium gereeld. Hy geniet ook sy jaarlikse jag- en hengeltogte. Hy is getroud met Heletia en die egpaar het drie kinders - 'n seun en twee dogters. Hulle woon in Silver Lakes in Pretoria.
Indien jy meer wil lees oor die AGS en wat hul doen, besoek gerus hierdie webtuistes.
Sien meer oor die AGS in ons geskiedenisboek geskryf deur Dr Isak Burger wat beskikbaar is in die ingangsportaal van die AGS Deo Doxa.