top of page

Kontakpersoon:

Sunette Jacobs  - 0724085472

  • Wix Facebook page
  • Wix Twitter page
  • Wix Google+ page

Love-A-Child-Nasorg

Word aangebied deur die skooltermyne.
Gesluit gedurende Skoolvakansies.

 

Love-a-Child Nasorg het in 2005 sy ontstaan gehad toe dit deur die plaaslike Laerskool

onder die kerk se aandag gebring is dat daar behoeftige kinders was wat smiddae tuis was sonder toesig en dikwels sonder kos.

 

Love a child is...

•    Nasorg vir kinders 6-13 jaar wie se ouers nie nasorg kan bekostig nie, ouers wat werk en wie geen toesig tuis het nie.
•    Kinders word met die Kerk se bussie by skool opgelaai, daarna gee ons vir hulle middagete (veral in die winter probeer ons vir hulle gekookte ete gee, aangesien dit vir sommige die enigste bord kos vir die dag is).
•    Na ete word hulle gehelp met huiswerk.
•    Verder word hulle konstruktief besig gehou tot ouers hulle tussen 5 en 5:30 kry.
•    Tans het ons 16 kinders, en 2 dames wat toesig hou.

 

Ons Visie

Die visie van die nasorg is om die kinders na skool in ‘n ontspanne, kalm en Christelike milieu te versorg.

Spesiale aandag word gegee aan kinders met leerprobleme en daar word
nou saam met die onderwysers gewerk.

bottom of page