top of page
Wat is ons geloofsbeleidenis?

 

1. Ons glo in die Ou Testament en Nuwe Testament as geïnspireerde Woord van God en dat dit die finale outoriteit vir ons geloof en lewe is.

 

2. Ons glo in een God wat van ewigheid is en wat Homself uitdruk in ‘n drie-eenheid: Vader, Seun en Heilige Gees.

 

3. Ons glo dat Jesus Christus kom van die Vader, verwek is deur die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria en waarlik God is.

 

4. Ons glo dat God die mens na Sy eie beeld en gelykenis geskape het; dat die mens gesondig het en daarom die dood as straf verdien.

 

5. Ons glo dat Jesus Christus vir ons sondes gesterf het as ‘n plaasvervangende offer, volgens die Woord, en dat almal wie in Hom glo geregverdig word op grond van Sy gestorte bloed.

 

6. Ons glo in die feit dat Jesus opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en aan die regterhand van God ons Vader sit as ons Hoëpriester en voorspraak.

 

7. Ons glo dat Jesus weer terugkom.

 

8. Ons glo dat elkeen wat hulle sonde bely en Jesus Christus deur geloof aanvaar as hulle Redder en Saligmaker, wedergebore word deur die Heilige Gees en daarom Kinders van God is.

 

9. Ons glo in die doping in die Heilige Gees, wat ons bekragtig in Jesus vir diens en die toedeel van die gawes van die Heilige Gees.

 

10. Ons glo in die vyfvoudige bediening (apostel, profeet, evangelis, herder en leraar) as toerusters van die Liggaam van Jesus Christus.

 

11. Ons glo daaraan dat God outoriteit daar gestel het sodat daar ‘n ordelike verloop van die lewe kan wees.

 

13. Ons glo in die opstanding uit die dode, dat die regverdige ‘n ewige heerlikheid sal erf en die onregverdige ‘n ewige verdoemenis.

 

14. Ons glo in ‘n Heilige Algemene Kerk van Jesus Christus, en dat die mens slegs deur wedergeboorte venootskap daarvan kan ervaar. Daarom is wedergeboorte ‘n noodsaaklikheid t.o.v. venootskap van die gemeente.

 

15. Ons glo in die waterdoop van gelowiges deur onderdompeling en dat die Nagmaal as verbondsmaal gevier moet word.

 

16. Ons glo in Goddelike genesing as ‘n ingrype van God in die lewe van mense, en dat handoplegging en salwing met olie Bybelse voorskrifte is.

 

17. Ons glo dat die mens sonder heiligmaking God nie sal sien nie, en dat dit ‘n progressiewe genadewerk in die mens is.

 

18. Ons glo dat daar geen ras, geslag, kultuur of taal voorskrifte is t.o.v. venootskap van die Kerk van Jesus Christus is nie. Alle mense is gelyk geskape voor God.

 

19. Ons glo dat die mens as heteroseksuele wese geskape is en dat dit die grondslag vorm vir ‘n Bybelse huwelik.

 

Ons Waardes - dit wat vir ons kosbaar is !

Alhoewel ons as individuê mag verskil in ons waardes, is daar sekere waardes wat vir elkeen geld binne die Koninkryk van God.

 

WAARDE 1:

Ons glo dat gesalfde lering bydra tot die verandering van mense se lewens.

Rom. 12:2,7; II Tim.3:16-17; Jak.1:23-25.

 

 

WAARDE 2:

Ons glo dat God begaan is oor mense wat Hom nog nie ken nie, en daarom is ons ook oor hulle begaan.

Luk. 5:30-32; Luk.15; Matt.18:14; II Pet.3:9.

 

 

WAARDE 3:

Ons glo dat die Kerk relevant moet wees sonder om af te wyk van die waarheid van die Woord.I Kor. 9:19-23.

 

WAARDE 4:

Ons glo dat navolgers van Jesus Christus eg moet wees in hulle karakter, optrede en belydenis.

Efes. 4:25-26, 32; Heb.12:1; Fil.1:6.

 

 

WAARDE 5:

Ons glo dat die kerk moet funksioneer as ‘n verenigde gemeenskap van diensknegte wat goeie rentmeesterskap beoefen oor elke gawe.

I Kor.12 en 14; Rom 12; Efes.4; Ps.133:1.

 

 

WAARDE 6:

Ons glo dat liefdevolle verhoudinge ‘n kenmerk moet wees van elke aspek van die lewe.

I Kor.13; Luk.10:1; Joh.13:34-35.

 

 

WAARDE 7:

Ons glo dat lewensverryking en verandering plaasvind in kleingroepe.

Luk. 6:12 – 13; Hand.2:44 – 47.

 

 

WAARDE 8:

Ons glo dat uitnemendheid God vereer en mense inspireer.

Kol. 3:17; Mal.1:6-14; Spr. 27:17

 

 

WAARDE 9:

Ons glo dat die kerk gelei moet word deur mense met leierskap gawes.

Neh. 1 en 2; Rom.12:8; Hand. 6:2-5

 

 

WAARDE 10:

Ons glo dat die strewe na ‘n lewe ten volle aan Christus en Sy saak normaal is vir ware gelowiges.

I Kor.11:4; Fil.2:1 – 11; 2 Kor.8:7.

 

Ons Venootskapsverbond

Aangesien ek ‘n navolger van Jesus Christus is en saam stem met die visie, strategie en doelwitte van AGS Deo Doxa Gemeente, wy ek my toe aan God en aan die ander vennote deur die volgende kwaliteitsbesluit:

 

1.Ek sal die EENHEID bewaar:

  • deur in liefde te wandel

  • deur nie kwaad te praat nie

  • deur die leiers te volg

(Rom 14:19; I Pet.1:22; Efes.4:29; Heb.13:17)

 

2.Ek sal deel in die VERANTWOORDELIKHEDE

  • van die gemeente:

  • deur te bid vir groei

  • deur gaste saam te bring na byeenkomste

  • deur hartlik te wees teenoor alle mense

(I Thes. 1:1 – 2; Luk 14:23; Rom 15:7)

 

3.Ek sal DIENSBAAR wees:

  • deur die ontdekking en ontwikkeling van my gawes en talente

  • deur toe te laat dat ek toegerus word

  • deur die openbaring van ‘n dienskneg hart en gesindheid

(I Pet. 4:10; Efes.4:11 – 12; Fil. 2:3 – 4&7)

 

4.Ek sal ONDERSTEUNING bied:

  • deur getrou byeenkomste by te woon

  • deur ‘n toegewyde lewe te leef

  • deur ‘n gewer te wees

(Heb. 10:25; Fil. 1:27; I Kor.16:2; Lev.27:30; Mal. 3:8)

Algemene Vrae

 

Hier volg algemene vrae wat vir nuwe besoekers 'n meer indiepte uitleg gee oor wie ons is en die wat alreeds vennote is versterk in geloof.

 

Wat beteken Deo Doxa / AGS?

 

Deo (Latyns vir God) Doxa (‘n Griekse word vir Heerlikheid) Dit beteken dus: “God se heerlikheid”.

AGS is die afkorting van Apostoliese Geloofsending.

Hoe word ek 'n vennoot?

 

Ons glo dat daar geen ras, geslag, kultuur of taal voorskrifte is t.o.v. lidmaatskap van die Kerk van Jesus Christus is nie. Alle mense is gelyk geskape voor God.

 

Kontak kerkkantoor vir meer inligting.

bottom of page